Home Page
40,887Name
13,511Families
15,345Lewendig

Die Van Heerden Familiestamboom Projek

Pieter Willemsz van Heerden was gebore 10 Desember 1677 in die dorpie Heerde, gelee in Gelderland - n provinsie van Nederland. Hy vertrek as n 22 jarige uit Vlissingen, Zeeland per skip; die Popkensburg en arriveer aan die Kaap gedurende April 1701.

Hy dien sy vyf jaar uit as soldaat in diens van die Vereenigde Oost-Indisce Compagnie of te wel die VOC, en word n vryburger. Hy vestig hom op sy plaas Weltevren as een van die eerste boere in 'T Land van Waveren te Tulbagh. Hy woon hier tot met sy dood in 1763.

Op 18 September 1708 tree Pieter in die hwelik met die 17 jarige Magtilt van der Merwe, die dogter van Willem Schalzoon van der Merwe en Elsie Cloete. Hulle word die stamvader en stammoeder van die van Heerdens in Suid-Afrika.

Hulle het vyf seuns gehad, maar slegs die oudste; Willem, se seuns het die familienaam voortgedra. Willem was met Marthia van der Merwe getroud en het drie dogters en nege seuns gehad. Die seuns vorm die nege takke van die van Heerden stamboom. Al die van Heerdens in Suid-Afrika is dus afstammelinge van hierdie nege seuns.

Lees verder