Notes |
Gedoop 19 Mar 1826
Staatspresident van die Zuid Afrikaanse Republiek
Nadat hy saam met sy ouers in c. 1838 oor die Vaalrivier getrek het, word die eerste Transvaalse dorp, Potcheftroom, gestig en in 1842 word die plaas "Waterkloof", agter die Magaliesberg, dist Rustenburg aan hom toegeken. Teen 1845 vertrek hy saam met die Potgieter-trek na Ohrigstad, maar na afsterwe van sy eggenote trek hy terug na Magaliesberg en wy sy aandag aan boerdery en jag. Gedurende c. 1851 is hy veldkornet van sy wyk en daarmee saam militêre aanvoerder ten tye van kommando’s teen die inboorlinge en ook administratiewe sowel as regsprekende beampte in kleiner sake. In 1854 is hy reeds kommandant van Rustenburg en maak hy die veldtog teen Makopane mee. Hy neem ook aktief deel aan verskeie veldtogte teen Makopane asook Mosjesjwe en slaag ook daarin om ‘n vredesooreenkoms met die Basothohoof op 18.6.1858 te sluit. Word gekies as kommandant-generaal in April 1863 en kon hy met meer gesag optree, soms as diplomaat in onderhandelinge, soms as militêre aanvoerder aan die hoof van ‘n kommando. Vanaf 1873 gee hy meer aandag aan sy boerdery te "Boekenhoutfontein", dist Rustenburg, nadat die volksraad hom as kommandant-generaal sy ontslag verleen het. Beywer hom vir die behoud van onafhanklikheid van Transvaal en begin hy in toenemende mate die leiding neem waarna hy op 8.3.1877 as vise-president met die mag om die volksraad byeen te roep aangewys word. Hy lei die verset t.o.v. annekasie van die republiek en na vele onderhandelinge in Londen, Engeland knoop hy op tuisfront die stryd aan teen die Kaapse goerwerneur deur die organisering van ‘n versetbeweging wat by ‘n volksbyeenkoms te Wonderfontein in Des. 1879 besluit dat die regering so gou moontlik herstel moet word. Die volksraad word deur die volkskomitee by Paardekraal byeen geroep in Des. 1880 en word die regering van die republiek daartoe gedwing om die wapen op te neem. Hy voer ‘n stryd om deur onderhandeling steeds ‘n oplossing te kry wat aanleiding gee tot die wapenstilstandonderhandelinge van Maart 1881 by Laingsnek. Na afloop van die Eerste Vryheidsoorlog met die presidentsverkiesing, word hy op 9.5.1883 as staatspresident van die ZAR ingesweer waarna hy sy beleid aankondig wat gegrond is op Chritelike beginsels. Gedurende sy ampstyd voer hy ‘n voortdurende stryd op ekonomiese sowel as politieke vlak en beywer hom altyd vir die voortbestaan v.d. republiek, waarna hy teen einde Sept 1899 besluit dat dit vir die republiek militêr beter sou wees om die insiatief te neem en aanvallend op te tree en op 11.9.1899 breek die Anglo-Boereoorlog uit. Speel ‘n groot rol in hierdie oorlog en gryp ook soms in en maan bevelhebbers en burgers om te volhard. Spreek die volksraad vir die laaste keer toe op 7.5.1900 en moet hy Pretoria verlaat om die naderende Britse magte te ontduik.. Hy besluit om na Europa te gaan, via Lorenco Marques om weer eens die saak van die strydende Boere te bevorder, maar hy ontvang geen ondersteuning in Europa. Verhuis tydelik in c. 1902-3 na die Franse Riviera, keer Okt. 1903 terug na Nederland en in ballingskap vestig hy te Clarens, Switserland
Ref: Kruger Geslagregister pp 515 4366 / f3
Ref: SAF vol 20 pp 632 f3
|