Notes |
Gedoop 25 Jul 1773 Tulbagh
Het leidende aandeel gehad in Graaff-Reinet-onluste v 1799, waarna hy oor die oosgrens vlug en vir vier jaar daar skuil. Nadat hy amnestie van die Bataafse bewind aan die Kaap ontvang het, keer hy terug na Graaff-Reinet en vestig in die mees afgeleë deel vd wyk Baviaansrivier, maar woon later op "Elandsdrif", dist Tarka. Tydens Slagtersnek Rebellie poog hy om Xhosa hulp vir die rebelle te verkry, maar sonder sukses. Op 18.11.1815, na die oorname vd Slagtersnek rebelle te Uitenhage, vlug hy en soek skuiling in bosse v Baviaansrivier, maar word verplig om oor die oosgrens te vlug. Weens n koeëlwond in sy skouer word hy by Madoersdrif op 29.11.1815, deur ʼn kommando v G.S. Fraser, buite aksie gestel en agv sy pogings om hulp vanaf die Xhosa’s te bekom, word hy tot die dood verooordeel † Vanaardtspos l 9.3.1816
Ref: SAG vol 2 pp 437 b2
Ref: SAF vol 10 pp 4 b2
|